• property2
  • property3
  • property4
cssslider by cssSlider.com v2.1
Caren Esterhuizen

Welkom by my Webtuiste!

Ja! Ek het binne ‘n familie van Regsgeleerdes groot geword! My Pa was ‘n Streeklanddros in Johannesburg en in George en vandat ek kan onthou, wou ek net in die Reg spesialiseer.

Ek het op die Potchefstroom Kampus van die Noordwes-Universiteit my B. IURIS en my LLB grade verwerf, daarna in Stellenbosch en Bellville my klerkskap voltooi en is op 9 Februarie 2001 in die Hooggeregshof te Kaapstad as Prokureur toegelaat.

Hierna het ek gespesialiseer in Eiendomsoordragte en is ek op 18 Oktober 2002 weer in die Hooggeregshof te Kaapstad as Aktebesorger toegelaat.

Op 16 Oktober 2003 open ek Caren Esterhuizen Prokureurs (my nooiens van) en soos hulle sê: Die res is geskiedenis!

Vanaf 1 Maart 2017 is ek baie trots om handel te dryf onder my getroude-van en wel as: CAREN LANGENHOVEN PROKUREURS.

Uitnemendheid is my en my personeel se gewoonte! Toeganklikheid en persoonlike ervaringe is ons geskiedenis en ons toekoms! Ek sien uit daarna om van u te hoor!